“I Saw a Nightmare…”
Doing Violence to Memory: The Soweto Uprising, June 16, 1976
by Helena Pohlandt-McCormick
<< Go Back

Testimony before the Cillié Commission: Johannes Augustinus Kleingeld (1)

Lieutenant Colonel, South African Police, Stasiebevelvoerder [Commanding Officer] Orlando, Soweto (30 Years Service, 7.5 in Soweto)

14 September 1976

Lt. Col. Kleingeld:
In al die jare kan ek die verhouding tussen Swart en polisieman, hetsy Blank of Nie-Blank as selfs uitstekend beskryf. U weet, ek het nooit gehuiwer vir 'n minuut nag of dag, om deur die lokasie te ry nie, deur Soweto, by sport byeenkomste tussen hulle te gaan sit nie en selfs te help met baie aangeleenthede, huurmotor aangeleenthede wat bloot siviel van aard was en die verhouding was maar al die jare uitstekend gewees.

[ … ]

Die grootste gros [Swart mense] is wetsgehoorsaam.

[ … ]

Wel, al wat ek kan sê is dat ons het nooit probleme met die [Swart] kinders [daar in Soweto] as sulks gehad nie. Ons het van tyd tot tyd probleme gehad met wat ons maar in die gewone taal sê die tsotsi element en toe ek laas jaar in Moroka gestasioneer was byvoorbeeld het dit verskeie kere gebeur dat of die hoofde of onderwysers of selfs die kinders by ons kom kla dat die tsotsi element wat in honderde tel, hulle molesteer en vernaam by die kafees voorlê, hulle wil verhinder om skool toe te gaan, dit het selfs sover gevorder dat hulle ons een slag aan die Kommissaris verkla dat ons daar niks omtrent doen nie. Nou ons het van tyd tot tyd maar uitgegaan met die opruimingseenheid en dan die leegleers bymekaar gemaak en aangekla, maar dit is 'n probleem wat ons daar gehad het met die leegleer tipe wat nie werk nie of nie skoolgaan nie.

Dr. Yutar:
Dra u enige kennis van gevalle waar skoolkinders geintimideer is om nie skool toe te gaan nie?

Kleingeld:
Ek sal dit nie so uitdruk nie. Hulle was aangerand. In Moroka laas jaar byvoorbeeld was daar een baie ernstige geval gewees waar die leegleers en die skoolkinders handgemeen geraak het en daar was onder andere een Bantoe seun wat baie lelik aangerand was met klippe en goed. Ons het hom nog later van die Moroka Polisiestasie af weggevat hospitaal toe. Maar dat hulle hom juis verhinder het om skool toe te gaan—hulle het dit vir hulle moeilik gemaak, maar ek sal nie sê hulle het hulle verminder [verhinder] nie…

… op 17 Mei [1976] het dit onder my aandag gekom dat die skoolkinders by die Pfeni Junior Sekondere Skool weier om klasse by te woon, weens die feit dat sekere vakke in Afrikaans doseer word.

[Kleingeld recounts the prehistory of events immediately preceding June 16: watchmen posted at schools where windows had been broken, patrols to keep an eye on the schools as stay-aways slowly begin to spread, and some children are reportedly intimidated…]

… Patrollies is ingestel om orde te handhaaf en 'n ogie oor die skool te hou. Nou op 8.6 het die skoolhoof, Mnr. Lyman Mnguni van Thula Sizwe Primêre Skool om polisie hulp gevra omdat van die skoliere wat geweier het om skool by te woon, by die skool opgedaag het en ander skoliere geintimideer en belet het om klasse by te woon… 15 van die Bantoe seuns is na die Orlando Polisiestasie geneem vir ondervraging…

Ek was nie persoonlik by toe hulle ondervra is nie, maar dit het sommer gegaan oor waarom daar gestaak word en so oor die algemeen met hulle gesels, waarom hulle nie self skooltoe gaan nie, waarom die ander geintimideer word. Dit was eintlik maar net 'n klein magsvertoninkie en om aan hulle die leviete voor te lees.

[ … ]

Nee, ons het niemand aangehou op daardie stadium nie…

… Op 15.6.76 ongeveer 16h00 het een van my Bantoe luitenante van Orlando aan my 'n rapport gemaak dat daar gerugte is van skoolkinders dat die skoolkinders beplan om 'n vergadering by een van die hoërskole in Orlando te hou en hy kon nie verder vasstel wat hulle motiewe was nie. Dieselfe aand het Bantoe sersant Masopa, een van my Bantoe sersante van Orlando, my telefonies by my woning geskakel en dieselfde rapport aan my gemaak.

… Nou op 16.6 om ongeveer 7:45—ek mag net hier noem dat as gevolg van die gerugte het ek met die polisie tot my beskikking beveel om daar by die polisiestasie te bly om gereed te wees ingeval daar iets sou voorval. Nou op 16.6 7:45 die oggend het ek opdrag gegee dat lede van die—wel, dit is nout die hele personeel. Om ongeveer 8:30 dieselfde oggend het ek drie patrollies na die drie hoërskole te Orlando uitgestuur met die doel om ondersoek in te stel of daar wel vergaderings gehou word. Twee van die patrollies vanaf die Orlando-Wes Hoërskool en Diepkloof Hoërskool het teruggekeer en rapporteer dat alles stil is. Sersant Woest, een van die lede van die derde patrollie, het rapporteer dat honderde kinders—sy woorde was eintlik daardie oggend 'n horde kinders in optog is vanaf die noordekant aan die westekant van die treinspoor in die rigting van Orlando-Wes Hoërskool. Ek het hierop, vergesel van sersant Woest en nog 'n Blanke sersant met my motor in die rigting van die optog beweeg om ondersoek in te stel. Dit het my voorgekom asof die optog uit skoolkinders bestaan het. Hulle het in 'n straat tussen huise in 'n westelike rigting beweeg nadat hulle ons natuurlike gewaar het.

… Ons het agter die optog beweeg om vas te stel wat die doel van die optog as en indien moontlik met hulle te praat. Toe ons egter regoor die straat waar hulle beweeg kom, het hulle onmiddellik met klippe in ons rigting begin gooi en in ons rigting beweeg. Nou op daardie stadium mag ek net ter verduideliking sê dat ons was seker omtrent 150 meter toe van hulle af. Hulle het in ons rigting beweeg en onmiddellik begin met klippe gooi, maar hulle het ons nie raak gegooi nie want dit was te ver. Ons het omgedraai en na Orlando Polisiestasie teruggekeer. Op hierdie stadium was dit vir my duidelik dat hulle aggressief was. Om te poog om met hulle te praat sou nie moontlik wees nie. As gevolg van my waarneming dat die kinders wat opgesweep voorgekom het en hulle aggressiewe houding, het ek gemeen en afgelei dat die optog daarop uit was om eiendom te beskadig en selfs lewens in gevaar te stel. My terugkeer was daarop gemik om die nodige versterking te verkry, asook middele wat gebruik kon word om 'n skare uiteen te dryf.

Die gedrag van die kinders op daardie stadium, die onmiddellike klipgooiery het ek nog noot voorheen teengekom nie. Ek het dit in so 'n ernstige lig beskou dat met my terugkeer van daardie punt af, het daar 'n Volkswagen met twee Blanke polisiebeamptes in die teenoorgestelde rigting, hy het in die rigting van die kinders beweeg en ek het onmiddelik besef dat hierdie mense se lewens is in gevaar as hulle verder gaan en ek het gestop en vir hulle gesê draai onmiddelik om, want dit was vir my duidelik dat hulle is baie aggressief.

Ja, ek het toe teruggegaan om natuurlik hulp te kry by die polisiestasie om hulle op te breek indien nodig. Nou die groep polisie het bestaan uit ses Blanke uniform lede en twee Blanke lede van die Speurtak en ongeveer 40 Nie-Blanke uniform lede. Nou die blanke lede en sommige van die Nie-Blanke lede was gewapen met rewolwers of pistole. Ek het ook drie Sten-gewere en 'n hoeveelheid traanrookgranate saamgeneem. Van die Bantoe lede was uitgereik met onlus knuppels. My opdrag was dat Bantoe lede met rewolwers uitgereik word sovêr as daar voldoende beskikbaar was. Ek het met my groep langs die Orlando Station, dit is aan die noordekant van die polisiestasie onderkant die treinspoor in 'n westelike rigting beweeg, na die plek waar die kinders my die eerste keer met klippe aangeval het. Ek het gevind dat die kindes na die Belle Primêre Hoërskool te Orlando-Wes beweeg het. Daar was 'n groep van etlike honderde wat daar saamgedrom het. Ons het stilgehou ongeveer 75 tot 100 meter. 'n Samedromming het dar plaasgevind voor wat bekend staan as Uncle Tom's Hall. Op daardie stadium het ek reeds oor die radio gehoor dat 'n ander optog vanaf Jabulani in die rigting van Orlando-Wes beweeg. Dit was nou vir my duidelik dat die toestand baie plofbaar is. Ek het my voertuig verlaat met die doel om die kinders, indien enigsiens moontlik, te kalmeer en moontlik te praat. 'n Paar klippe was in my rigting geslinger. Dit was vir my nou meer duidelik dat die kinders opgesweep en aggressief was. Ek het gemerk dat 'n aantal laërskool kinders en onderwysers by die Xhosa-Oos Skoolraadskompleks gestaan het, so 'n klein laërskooltjie, dit is klein kindertjies van hierso so 7, 8 jaar, 6 jaar, daar rond. Ek het een van die onderwysers nader geroep en versoek dat die kleintjies in die gebou geneem word om beserings te voorkom.

Yutar:
Wat het daardie kleintjies daar gemaak?

Kleingeld:
Nee-wat, dit was meer uit nuuskierigheid wat hulle daar—die honderde kinders wat hulle daar sien verby beweeg en die polisie, het hulle blykbaar maar uitgekom uit nuuskierigheid.

Yutar:
U sou die nodige opdrag gee om daardie klein kindertjies wat nie deelgeneem het aan die optog om hulle weg te vat.

Kleingeld:
Weg te vat. Met die doel om die skare uit mekaar te probeer kry en insidente te vermy en bewus van die feit dat 'n verdere paar duisend vanaf Jabulani, Meadowlands en Moroka ook in optog blykbaar na hierdie selfde skool toe was. Met die doel om die skare uit mekaar te probeer kry en insidente te vermy, het ek twee rookgranate voor die kinders gegooi. Die skare het daarop terug beweeg Khumalostraat. Dit is nou die hoofstraat wat van Pfeni-stasie af kom. Die hoofstraat in die rigting van Olrando-Wes Hoërskool. Op daardie stadium het die Honde-eenheid wat 'n ander pad gevolg het, by ons aangesluit.

Ja, sersant Hattingh was eintlik die honde-man van 'n ander taakmag. Nou, deurdat die kinders nou tussen die huise deur beweeg het, het ek—kon ek nie sien waar presies hulle heen gaan nie en ek het toe vir sersant Hattingh opdrag gegee om te beweeg en vanaf die westekant te nader om waar te neem in watter rigting of waarheen die skare beweeg. Ons was in radio verbinding op daardie stadium. Enkele oomblikke na hulle by my weg is, het ek besluit om by hulle aan te sluit omdat ons—sodat ons as eenheid saam kon opereer. Ek het in dieselfde rigting beweeg en by hulle aangesluit in Vilakazistraat ongeveer 100 meter van die skare af. Nou, ek wil net daar verduidelik dat die wind het die betrokke dag baie sterk gewaai van wes na oos en as daar enige optrede moes wees, het ek geredeneer, moes ek bokant die wind kom as ek dan noodwendig van traangas gebruik moes maak en daarom het ons daardie metode gevolg om bo om te gaan en bokant die wind te kom en daarom het ons …

… Ons het toe die kinders of die skare van plus-minus 1,000 tot 2,000 was saamgetrek voor die Orlando-Wes Hoërskool. Die eerste waarneming was dat daar 'n Bantoe man voor die skare stelling ingeneem het. Hy het 'n kierie in sy linkerhand gehad en wat vir my na 'n halwe baksteen gelyk het in sy regterhand. Hy het rondgedans en gespring en die skare opgesweep. Dit het vir my nou baie duidelik geword as gevolg van die geskreeu veral, dat die toestand baie plofbaar is.

Yutar:
Hierdie Bantoe man was hy een van die skoliere of was hy 'n volwassene?

Kleingeld:
Ek mag net hier sê dat ons sal later daarby kom, maar ek het hom geskat so 20, 21, 22 jaar, dit was 'n volwasse Bantoe man. Hy was later deur 'n patoloog toevallig sy ouderdom geskat op 26 jaar, maar dit is die Bantoe man wat heel voor gestaan het met die kierie en die ander opgesweep het. Almal het rond gespring en geraas en geskreeu, eers 'n paar enkeles agter hom en dan weer so 'n meter of wat agter hom die massa. Ek het gemerk dat daar verskeie volwasse Bantoe mans tussen die skare was. Ek het ook opgemerk dat baie in die skare nie in skooldrag was nie. Die skare het ook nou begin klippe gooi na ons. Hulle was nou so naby dat ek getref was op my linkerbobeen…

Ja, ek het toe besluit om nou die traanrookgranate tussen die skare te gooi. Ek het drie granate na die skare geslinger in 'n poging om die aanval af te weer en hulle uit mekaar te dryf. As gevolg van die oorverdowende lawaai het ek geen bevele gegee nie, maar het gemerk dat van die ander lede ook trannrookgrante tussen die skare gooi, onder andere sersant Woest. Dit was agter in my kar gewees toevallig en hy het ook daar gegooi. Die traanrook het die uitwerking gehad dat die skare vir 'n oomblik gestuit is. Van die skare het van die granate opgetel in na ons terug gegooi. Ek wil net daar verduidelik dat in al die traanrook, ongelukkig is dit so, wat ons gegooi het, het enetjie ontplof dis, ongelukkig so en hulle het toe die traanrookgranate gevat en na ons terug gegooi. Hulle het twee hier langs my gegooi wat toe nog nie ontplof het nie, maar nietemin hulle het die saam met die klippe en die goed na on terug gegooi… Die traanrook het geen noemenswaardige uitwerking op die skare gehad nie en 'n verdere aanval met klippe was nou geloods. Hulle het ons toe verder nou onder die klippe gesteek. Ek het nou gemerk dat 'n deel van die skare sykant toe en half skuins ager ons beweeg en derhalwe was ons van voor en van die twee sykante aangeval.

Dit was seker 10:30 tot elfuur plus-minus. Ek is nie presies seker nie, maar dit was omtrent 10:30—elfuur. Ek wil nou net byvoeg dat ek is bewus en op hoogte met die toepassing van die warskuwing soos voorgeskryf in die Wet op Oproerige Byeenkomste, veral Artikel 7 en met dit in gedagte het ek, nadat ek voor my voertuig stelling ingeneem het, albei my hande in die lug gehou en geskreeu "wait" en in hulle eie taal "khahle" het ek geskreeu. Dit was onmoontlik dat iemand dit sou hoor en dit het geen uitwerking op die skare gehad nie. In toepassing van die bepalings van die genoemde wet was dit nou vir my absoluut onmoontlik en dit was vir my nie uitvoerbaar nie. Die rede hiervoor is die aanval van die kant van die skare met klippe en die oorverdowende lawaai as gevolg van die skare se geskreeu. Aangesien die traanrook nie die gewensde uitwerking gehad het nie, was nou besluit om met die honde en 'n knuppel aanval op die skare te loods en uit mekaar te dryf. Die doel was om die skare terug te dryf en om tyd te wen vir hulp om op te daag.

Yutar:
Was julle in gevaar?

Kleingeld:
Ja, on was—ek wil net daar verduidelik dat—net die toneel so min of meer vir u beskryf, dit is ongelukkig so dat die straat aan die linkerkant is daar 'n streep huise, aan die regterkant is die skool, klipkoppietjies, en nog huise, daar is nie 'n pad na regs uit nie. Direk onder, die enigste uitweg onder het die skare gestaan. So ons kon nie beweeg nie. Ek het op een stadium die voertuie probeer—dit is na die klipgooiery in hewigheid toegeneem het, het ek probeer om die voertuie om te draai, maar die minuut as jy roer, het hulle jou so onder klippe gesteek dat jy moes ten alle koste—ek moes ten alle koste moes ek 'n wakende oog oor die skare hou en ons moes daar voor uitkom, ons het nie ander pad gehad om daar uit te kom nie.

Ja-nee, ons was in dodelike gevaar. Ek het om hulp gevra en die ander voertuie kon nie—ek kon nie die plek waar on was baie mooi beskryf nie en ander patrollies, soos majoor Viljoen hulle, het ons probeer bereik want daar was toe al—die voertuie was toe al stukkend gegooi, sekere van die lede was toe al beseer met die klippe en ek het toe om hulp gevra. Soos ek sê, ons moes daar uitkom en ons moes daar voor uitkom, daar was geen ander uitweg kans nie.

Ek het toe die knuppel aanval op die skare geloods en uit mekaar te dryf. Nou dit was gedoen deur kaptein Loubscher wat saam met my was van die Speurdiens. Hy het dit gedoen omdat op daardie stadium het die kinders om beweeg na die regterkant toe en aan die kante en toe die karre van daardie kant af begin bestook en ook die lede en die grootste groep was direk voor ons en hy het toe met 'n groot gesukkel die Bantoe lede daar uit gekry om 'n aanval te loods reg voor ons met die knuppels en ook met die polisiehonde en nog voordat hy 'n aanval geloods het, was ek genoodsaak om hierdie wat so met klippe gegooi het en vinnig nader te storm, het ek my pistool toe uitgehaal op daardie stadium en twee skote voor hulle verby geskiet in 'n poging om daardie terug te dryf terwyl hy met 'n knuppel stormloop voor ons aan die gang was. In elk geval, die lede het toe 'n knuppel stormloop uitgevoer op die grootste gedeelte van die skare en hulle het teruggeval. Die lede het na die stormloop teruggekeer na die voertuie. Ek het verneem, ek het dit nie self gesien nie, dat een van die honde doodgeslaan was. Ek het toe later vasgestel dat hulle een van die polisie honde doodgeslaan en gesteek het en ook probeer aan die brand steek het. Ek het gemerk dat die skare ook vinnig die lede volg na die voertuie en het afgelei dat die skare onder die indruk verkeer het dat die polisie nou vlug en dit was werklik so dat die minuut as jy roer of omdraai, dan storm hulle vinniger voerentoe en toe het die klipgooiery in velheid toegeneem. Ek het ook gemerk dat ons heeltemal omring was. Die klip aanval het nou vanaf alle rigtings gekom en ek het—en dit het toegeneem. Dit was nou vir my baie duidelik dat die lede en veral die Blankes se lewens in gevaar was. Ek sal u sê hoekom ek dit sê. Van agter af was daar swaar voertuie reg teenoor die opening waar hulle deur beweeg het van die kant af, maar hulle het agter die muur uitgekom en alles op die karre hier voor waar die Blankes was, gemik. Daarom noem ek dit nou maar net dat dit het vir my die indruk geskep dat dit alles meeste in elk geval was op die Blankes toegespits. Die Bantoe lede hat agter die voertuie ingeklim en agter die voertuie geskerm weens die hewige aanval. Om nog 'n knuppel aanval te loods was onmoontlik want niemand kon my hoor nie en ek was nie in staat om Bantoe lede bymekaar te kry nie. Die enigste uitweg om lewe en eiendom te beskerm was om waarskuwingsskote in die lug af te vuur. Ek het vroeër my eerste twee skote geskiet. Ek het 'n verdere drie skote met my pistool oor en voor die—'n hele entjie voor hulle vasgeskiet. Dit het die gevolg gehad dat hulle ook vir 'n minuut gestuit het, want daar was nou vir ons geen ander manier om hulle weg te hou nie. Die Bantoe lede het in die voertuie gespring en die Blankes het daar gestaan en die ander Bantoe lede het—wat pistole gehad het, het ook daar by ons gestaan. Op daardie manier het ek toe vyf skote met my pistool, 9 mm pistool as waarskuwingskote na hulle geskiet. Dit het—die pistool het nie die nodige uitwerking gehad nie. Die aanval het nie afgeneem nie. As drastiese optrede het ek besluit om 'n paar waarskuwings—o, ja, dit is gesê. Enkele oomblikke hierna ten spyte van die skote, was die aanval weer geloods en ten spyte van ons haglike omstandighede was ek nog nie bereid om direk op die skare te vuur en sodoende van hulle te dood of te beseer nie. Ek het nie 'n bevel gegee om te vuur nie, maar daar het wel lede uit desperaatheid skote afgevuur. As bewys dat al die skote waarskuwingsskote was, is die feit dat geen lede van die skare geval het nie. Na die sarsie skote het die skare vir 'n oomblik gehuiwer. Kort hierna is die aanval weer voortgesit. Dit was nou vir my duidelik dat die lewens van ons almal nou op die spel was en dat niks die skare sou stuit nie. Ek het daarop die Sten-masjiengeweer en twee magasyne geneem en kort sarsies na die regterkant oor en voor die skare verby gevuur. Ek sal verduidelik dat die wat so regs om gekom het, het so min ag geslaan op die pistool se skote, dat hulle kom agter die muur uit en dat met sy regterhand dan gooi hulle daardie klippe en dan skiet ek 'n sarsie hier voor hulle verby, dit het die effek gehad dat hulle 'n bietjie teruggeval het en die direk voor ons het ek voor my in die grond geskiet met die masjiengeweer op daardie stadium. Ek mag dit ook net noem dat die pistool het nie dieselfe demoraliserende uitwerking as wat 'n masjiengeweer het nie; die klank is nie dieselfde nie en ek het gehoop dat diet sou die uitwerking hê om die kinders weg te dryf sodat ek net kon uitkom sonder enige bloedvergieting. Ek het nie 'n bevel gegee om te vuur nie, maar daar het wel nog lede uit desperaatheid skote afgevuur. Dit was nou vir my duidelik dat die lewens van almal nou op die spel was en dat niks die skare sou stuit nie en ek het toe die Sten-geweer gevat en alles tesame, ek het die twee magasyne gehad, elke magasyn neem 32 patrone, en ek het uit die een magasyn 20 patrone op daardie manier afgevuur in sarsies. Alhoewel ek wetlike geregtig en gemagtig was om selfs van die skare te dood, was ek ten spyte van die Sten-geweer nie bereid om enige van die skare te dood of te beseer nie. Die lede wie gevuur het, het dit gedoen uit desperaatheid en 'n laaste poging om 'n gewisse dood vry te spring. Ek wil net daar verduidelik dat al sou ek ook 'n bevel gegee het om te vuur, sou hulle my nie gehoor het nie, weens die geraas, maar ek wou nie 'n bevel gee nie want as ek 'n bevel gege het van vuur, sou daar van miskien die Nie-Blanke lede tussen die skare in gevuur het en ek wou dit vermy het ten alle koste. Ek wou nie op daardie stadium bloedvergieting veroorsaak het nie en daarom het ek gedink ek sal die vuurdery en die skietery op myself neem. Nouja, ek het gevuur en die ander lede het toe ook uit desperaatheid self ook met rewolwers of pistole gevuur.

Daar was nie die minste twyfel nie dat ek was bewus daarvan dat daar op daardie stadium, soos ek reeds gesê het, duisende van hulle in aantog was na daardie selfde plek toe en dat as hulle hulle sou bereik het dan is ek bevrees was ons lewens nie 'n half sent werd nie. Die geraas en demoraliserende uitwerking van die Sten het die gewensde uitwerking gehad sodat die skare teruggeval het. Ek het onmiddellik bevel gegee dat die konvooi uit beweeg na die hoofstraat. Ek het gevoel dat ons was in 'n benarde toestand en al sou dit dan ook nou lyk of ons dan nou vlug, wou ek tog net die mense daar uit gehad het, die voertuie en die polisiebeamptes. Op daardie stadium was daar al etlike polisie beseer, klippe teen die kop, waar bloed van die kop afgestroom het, teen die been gegooi het, die karre was stukkend gegooi, daar was baie min lede wat toe nog nie beseer of een of ander klein beserinkie gehad het as gevolg van die klippe nie en ek wou net die voertuie en die lede ten alle koste daar uit hê met die minste lewensverlies. Vir een of ander rede het hulle toe daardie pad—het hulle daar padgegee en ek het onmiddelilik vir die lede gesê spring in die voertuie en laat ons uit ry in 'n opening waar ons kan hergroepeer om die posisie dan beter dop te hou en te kyk wat gaan aan. Ek persoonlik het nooit gesien dat 'n persoon gedood of beseer was selfs nie. Ek het later verneem dat hierdie leier en opstoker wat voor met die kierie gestaan het, wel gedood was en dat 'n voertuig hom weggeneem het. Soos ek sê my uitsig was vir 'n rukkie belemmer en blykbaar het hy daar—is hy gedood. Hy is later behoorlik uitgeken as 'n Bantoe met die naam van Hastings Ndlovu. Dit is die persoon wat deur ons gedood was daar.

[…]

Dit was 'n geskreeu en 'n gehande swaaierey en 'n gevoet stampery en 'n gedansery en jy kon nie uitmaak wat hulle sê nie of skreeu nie. Ek on in elk geval nie aflei nie, behalwe dat hulle baie, gewelding opgesweep was.

Yutar:
Was daar ooit 'n versoek om met iemand te praat? … Van hulle kant af.

Kleingeld:
Dit is wat my so verbaas. Nie 'n enkele versoek nie. Die kantoor kon hulle na toe gekom het, hulle kon daar by die laërskool met my gepraat het, hulle kon daar waar ek hulle die eerste keer onmoet het, kon hulle na my toe gekom het en gepraat het, hulle kon daar waar ek by hulle gekom het, kon hulle na vore gekom het en met my gepraat het en nie een het navore gekom en gesê maar, ons gesels of dit is ons doel of dit wil ons doen nie.

Yutar:
Of ons wil so en so spreek of ons wil…

Kleingeld:
Ja, ek sou heeltemal bereid gewees het om na hom toe te gaan as hy my net die geleentheid gebied het. Dan mag ek noem dat ek hat die oggend, ek is nie distrikskommandant nie, kolonel Van Zyl is, en ek het hom gebel, hy was op Kliptown, en vir hom gesê wat my waarnemings was en hy het toe vir my gesê nou maar gaan praat met hulle, hoor wat is hulle moeilikheid. En ek sou heeltemal bereid wees, vernaam 'n kind, om vir hom te sê nou maar wat is jou moeilikheid, wat is jou probleem, want ek het, soos ek aan die begin gesê het, met van die onderwysers en hoofde van sekere skole lank oor die aangeleentheid gesels om te kyk of ons nie kan, wel, op my beskeie manier nie een of ander oplossing kon vind nie met die staking wat stadigaan aan die broei is. Dit was my doel en ek sou seer sekerlik aangesien die meeste van hulle kinders was, maar kinders in die sin dat dit 16, 17, 18 jaar is, nê, sou ek met graagte met een van hulle sou wou gaan praat het.

Yutar:
Was daar enigsins 'n patroon gewees dat die jonger kinders voor was en die ouer of ander mense of mense wat reeds die skool verlaat het agter?

Kleingeld:
Nee.

Yutar:
Was hulle deurmekaar?

Kleingeld:
Hulle was maar deurmekaar gewees. Dit is uiters moeilik om dit te sê. Sien, hulle het nie stilgestaan nie, dit is 'n gemaal en 'n beweeg gewees.

Yutar:
… was daar nie 'n aanval op enige geboue op daardie tydstip nie?

Kleingeld:
Nee. Ek mag dit net noem, dit is my eie opinie, maar die skool, die gehate skool was daar byderhand gewees en hulle het hom nie aangeval nie. Ek dink tot nou nog het hulle hom nie aangeval nie.

Yutar:
Wat was die moeilikheid by daardie skool sê hulle? Weet u wat hulle besware is?

Kleingeld:
Nee, die hele ding van die begin af, sovêr my kennis strek, ek weet nie wat het agter die skerms aangegaan nie, was oor die taal kwessie…

Yutar:
Weet u of met die stakings daar enige samesprekings gewees het met iemand van die Skoolraad byvoorbeeld of iets dergelyks, dit is nou nog voor die 16de?

Kleingeld:
Ek dink die Veiligheidsafdeling het met hulle gesels. Ek het aan die hoofde of onderwysers wat my kom sien het, gesê maar julle het mos julle inspekteurs. Daar was verwys na Mnr. De Beer van Krugersdorp. Toe sê ek, kan julle dit dan nie met hulle bespreek nie en julle probleme probeer uitstryk nie, maar blykbaar kon hulle nie daarin slaag nie. Ek weet nie hoekom nie.

Yutar:
En die oggend was daar toe geen versoek meer nie?

Kleingeld:
Van hulle kant af?

Yutar:
Ja.

Kleingeld:
Nee, geen versoek nie.

Yutar:
U het geen onderwysers, wat u kon uitken as onderwysers daar gesien nie?

Kleingeld:
Nee, daar was nie onderwysers, ek twyfel of daar onderwysers by was.

Yutar:
Met ander woorde, ek dink nou aan mense wat vir hulle na voorspraak sou kon wees of iets dergelyks.

Kleingeld:
U meen daar by die vergadering, nee, daar was nie onderwysers nie. Onderwysers sal gewoonlik—wel, hy sal seker maklik uitkenbaar wees, hy sal seker netjies angetrek wees, hy sal 'n volwasse Bantoe wees en daar was nie soiets daar nie. Die enigste onderwyser wat ek daardie oggend gesien het was by daardie klein laërskool waarvan ek melding gemaak het, waar die heel kleintjies was…

Source: Johannes Augustinus Kleingeld (lieutenant colonel, South African Police, Orlando), testimony, 14 September 1976, SAB K345, vol. 139, file 2/3, part 1, Commission Testimony vol. 4.

Kleingeld Additional Testimony, 27th September 1976.