“I Saw a Nightmare…”
Doing Violence to Memory: The Soweto Uprising, June 16, 1976
by Helena Pohlandt-McCormick
<< Go Back

F. B. du Randt

Commissioner of Bantu Affairs (Hoofbantoesakekommissaris), Witwatersrand

Excerpts from several documents
Relevant sections have been translated by the author.

1. (Personal) Memorandum [excerpts]

Faktore of Gebeure wat Moontlik Verband hou met die Onluste [Factors and (chain of) events that possibly have a connection to the riots]:

6. Instromingsbeheer

7. Behuising

8. Arbeidsburos en arbeidskanalisering

9. Identifikasie:

9.1 Ek is ook daarvan bewus dat die dra van die bewysboek ... ontevredenheid skep omdat dit beskou word as 'n verlengstuk van die vroeëre pas, omdat dit vernederende situasies meebring en omdat dit as diskriminerend beskou word [carrying of identity documents ... creates discontent because it is seen as an extension of the early pass, because it brings humiliating situations with it, and because it is seen as discriminating].

[…]

9.3 Die hulpsentra het die angels uit sulke gevalle geneem. Maar, helaas, self waar 'n geval deur die toedoen van 'n hulpsentrum ontslaan word is die kwaad tog gedoen en is die beskuldigde gewoonlik vir minstens een nag van sy vryheid beroof.

9.4 Inherent in die stelsel is die neem van vingerafdrukke, iets wat baie onmin veroorsaak maar wat m.i. onvermydelik is. Dit word as diskriminerend gesien.

[…]

9.6 Alhoewel ek self nie die bewysboekstelsel in verband kan bring met die onluste nie, is dit my sienswyse dat dit wel daartoe bygedra het om 'n verset op te bou, en 'n wrewel te laat ontstaan teen die regeringsinstrumente wat grootliks belas is met die taak om toe te sien dat die wetlike bepalings nagekom word, te wete die Bantoesake-Administrasierade. [Although I myself can not establish a connection between the identity document system and the riots, it is my opinion that it did contribute to building up resistance, and that resentment was allowed to arise against the instruments of government that are largely charged with the tasks of enforcing the legal policies, namely the Bantu Adminstration Boards.]

9.7 Ek het ook die indruk gekry dat daar sedert die onluste aansienlike afname was in die gevalle aansoeke om identifisiering en bewysboeke wat deur my kantore geprosesseer word maar dis op hierdie stadium nog nie moontlik om te beweer dat enige bepaalde verset teen die stelsel ingetree het nie. [I also have the impression that, since the riots, there has been a considerable reduction in the number of applications for identity documents and reference documents pocessed by my offices, but at this stage it is not possible to affirm that a deliberate revolt against the system has set in.]

10. Bustariefverhogings: …

[…]

10.2 … die verhoogde gelde het twee dae voor die onluste nl. op Maandag 14 Junie 1976 in werking getree.

10.3 Ek dra geen kennis van enige nadelige reaksie daarop nie en ek verstout my om te sê dat die vernietiging van busse gedurende die onluste geen verband het met die tariefverhogings nie.

11. Misdaad in Soweto:

11.1 Daar was nog altyd groot kommer onder die swart leiers oor die hoë misdaadsyfer in Soweto …

11.1.1 Om 'n misdaad (selfs moord) aan te meld is lewensgevaarlik want die informant raak dan bekend (hy moet later getuienis gee) en daar word later teen hom of sy gesin opgetree. Daarom word selfs moorde nie altyd aangemeld nie. Daar is nie spesiale beskerming vir die informant nie.

11.1.2 Dit neem dikwels maande om 'n saak af te handel weens vol rolle en die baie uitstel van sake en telkens bring dit mee dat 'n getuie reëlings met sy werkgewer moet tref om afwesig te wees en soms kry hy ook nie besoldiging as hy afwesig is nie.

11.1.3 Dit bly vir die swart man (ook die gesofistikeerde) net onverklaarbaar dat na 'n lang soektog na 'n beskuldigde, laasgenoemde dan toegelaat word om dadelik weer huis-toe te gaan nadat borgreëlings getref is. Dit word vertolk dat geld enige misdaad kan regmaak.

11.1.4 Ewe onverstaanbaar vir swart denke is ons regstelsel waarvolgens 'n vonnis voorwaardelik opgeskort word. Swart denke glo aan die Bybelse reël van 'n oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand.

11.2 Hierdie optrede deur die howe en die steeds eskalierende misdaad en veral die rol van die tsotsi [paragr. 18] dra daartoe by om 'n algemene indruk by die swart bevolking te skep dat die owerheid nie beheer kan uitoefen nie.

12. Makhotla

13. Stedelike Bantoeraad

14. Afrikaans as medium van onderrig

14.1 Dit is bekend dat Afrikaans as verpligte medium van onderrig in skole, die oorsaak van die onluste was. [It is known that Afrikaans as compulsory medium of education in the schools was the cause of the riots.]

[…]

17. Optrede deur amptenare

17.1 In my eie organisasie kom daar telkens gevalle voor van growwe korrupsie… [Conduct of administrators: In my own organisation, there are often cases of gross corruption.]

18. Identifisering van ledige en ongewenste Bantoes

18.1 Alhoewel daar oënskynlik niks by die wetgewing skort … om 'n ledige of ongewenste Bantoe—die eintlike "tsotsi"—te identifiseer nie, kan hy tog nie uit die gemeenskap geweier word nie veral vanweë die volgende twee oorwegings:

(i) By hersiening dring die Hersieningshof gewoonlik daarop aan dat 'n aanhoudingsbevel voorwaardelik opgeskort word en dan raak die individu weer verswelg in die swart massa;

(ii) Die afwesigheid van toerekende inrigtings waarheen hierdie gevalle gestuur kan word vir rehabilitasie.

18.2 My waarnemings tydens die onluste het my daarvan oortuig dat hierdie groep onbeheerbare swartes 'n besonder groot rol moes gespeel het in die vandalisme en aanhitsing. [My observations during the riots convinced me that this group of blacks—Tsotsis—must have played an especially large part in the vandalism and in the incitement.]

19. Werklose jeugdiges

19.1 Daar moet seker duisende gevalle van kinders onder die ouderdom van 15 jaar wees wat bedags onbeheer in Soweto rondloop. In die verband verwys ek ook na paragr. 4/Bylae B.

20. Rol van die pers

20.1 My algene indrukke is dat die pers 'n aansienlike rol gespeel het om die heersende swart publiek te kondisioneer vir veranderings aan die stelsel en om hulle te wys op fasette wat hervorming verg. Ek is bv. daarop attent gemaak dat die invloed van die pers sodanig was in sy pogings om die beleid van afsonderlike Tuislande te diskrediteer…

21. Tuislandburgerskap

Ek het groot antipatie by die swart bevolking ondervind teen alle pogings om Tuislandburgerskapsertifikate … te propageer en te bevorder…

22. Skoolkomitees en skoolrade

[…]

DEEL D: ALGEMENE WAARNEMINGS.

27. Alhoewel die algemene bywoning by hul onderskeie werkkringe bepaald laer was as gewoonlik … is dit tog duidelik dat die werkende Bantoe nie aan die onluste deelgeneem het nie maar dat hy deur moeilikheidsoekers geintimideer is, veral om van die werk weg te bly, dog dat die deursneë van hulle nie hierop gereageer het nie.

28. Dis ook duidelik dat 'n baie klein minderheid werklik deelgeneem het aan die onluste en berigte was volop dat motors met vreemde registrasienommers dikwels gesien is, oënskynlik met oproermakers.

29. Dis vir my ook duidelik dat die aanvanklike protes deur die kinders, gevolg is deur 'n mate van wanorde wat toe deur "tsotsis" benut is en wat by drankwinkels ingebreek het deur van busse gebruik te maak om toegang te verkry en wat dan of om bewyse te vernietig of vanweë die beneweldheid van die brein of bloot net uit moedswilligheid, die busse aan die brand gesteek het.

30. Ek kan self geen aanduidings vind van 'n georganiseerde verset teen die sentrale gesag as sodanig nie."

[Signed: F. B. du Randt, Johanesburg, 18 August 1976]

Source: F. B. du Randt (Commissioner of Bantu Affairs, Witwatersrand), personal memorandum, SAB K345, file 3:2/2/1/2-1.

^top

2. Letter to the Cillié Commission [excerpts]

Worried about the increasing tension in the black communities, F. B. du Randt called together the following committee to discuss the issues at the center of the disintegration of race relations. The two issues, the rise in bus prices and the use of Afrikaans as a medium of instruction, were central to the agenda. In his cover letter to the Cillié Commission he writes:

7. Die volgende dag (Woensdag) het die uitbarsting toe gekom en is die voorspelling in die berig [see World article] bewaarheid—met die opmars van die kinders wat op sy beurt weer gevolg is deur die opstande en strooptogte en vandalisme aangehits veral deur die tsotsi-elemente.

8. Hier is dus 'n tragiese voorbeeld van hoe 'n betreklike klein insidentjie net die lont was vir 'n geweldige ontploffing. En veral is dit frustrasie wat 'n mens tot die uiterste kan dryf… [Here is thus a tragic example of how a comparatively small incident [diminutive used] was only the fuse for a violent explosion. And it is especially frustration that can drive a person to the extreme…]

^top

3. Secret Minutes of a Meeting of the Coordinating Committee for the Witwatersrand, Tuesday, June 8, 1976 [excerpts]

GEHEIM [Secret]

NOTULE VAN DIE VERGADERING VAN DIE KO-ORDINERENDE KOMITEE VIR DIE WITWATERSRAND, GEHOU OP DINSDAG 8 JUNIE 1976. [Minutes of the meeting of the coordinating committee for the Witwatersrand, held Tuesday, June 8, 1976.]

[…]

3. Staking deur Skoolkinders…

[…]

3.5 Mnr. Wilsnach—Wes-Randse Bantoesake-Administrasieraad—sê die staking is nie so seer teen Afrikaans as taal nie, maar teen 'n Afrikaanse regering. Die kinders word gebruik om 'n konfrontasie met die blankes af te dwing. Sodanige konfrontasie word glo vir einde Augustus 1976 beplan en skoolstakings is net 'n inleiding. [Mr. Wilsnach—West Rand Bantu Administration Board—says the strikes were not so much against Afrikaans as a language, but against an Afrikaans government. The children are being used to force a confrontation with the whites. Such a confrontation is apparently planned for the end of August 1976 and the school boycotts are just an introduction.]

3.6 Mnr. Ackerman [Departement van Bantoe-onderwys] meen dat Tuislandverteenwoordigers moontlike met die aangeleentheid bemoeid is want hulle is meestal anti-regering gesind.

3.7 Die Voorsitter [du Randt—Voorsitter en Hoofbantoesakekommissaris, Witwatersrand] sê dat daar juis deur sekere swart leiers versoek is dat pamflette aangaande verhoogde bustariewe nie in Afrikaans gedruk word nie want Afrikaans word as sinoniem met die Regering beskou. [Chairman du Randt says that it was for that very reason that some of the black leaders requested that pamflets about the raised bus tarifs not be printed in Afrikaans, because Afrikaans would be seen as synonymous with the government.]

4. Sorgbehoewende Kinders.

4.1 Die Voorsitter sê dat afgesien van die Orlando-Home en 'n inrigting te Van Ryn Deep, wat baie ontoereikend en verkeerd geleë is, daar geen inrigting plaaslik is waar sorgebehoewende kinders versorg kan word totdat ondersoeke voltooi is nie…

[…]

8. Misdaad te Soweto.

8.2 Mnr. Wilsnach sê dat die Bantoe beweer dat die SA Polisie omkoopgeld neem—dit is moontlik, maar kan nie voorkom word nie.

Source: F. B. du Randt (Commissioner of Bantu Affairs, Witwatersrand), SAB K345, file 3:2/2/1/2-1, cover letter to the Commission, presenting the confidential report of a meeting of the West Rand Bantu Administration Board Coordinating Committee on 8 June 1976.

^top

4. Report to the Cillié Commission [excerpts]:

Bylaag VII—23 September 1976
F. B. du Randt—Department of Bantoe Affairs, Administration and Development

In his introduction du Randt cautions the Commission that his report was done in a short time, without sufficient input from his colleagues, and that it may be tainted by the "afwesigheid van 'n wetenskaplike gefundeerde norm" (absence of scientifically grounded norms), "algemene indrukke" (vague impressions), and "cliches." "Moontlik sal daar ook 'n element van vooroordeel in my gedagtes bespeur word maar my motiewe is desondanks eerbaar" (Possibly an element of prejudice will be detected in my thoughts, but my motives are nevertheless honorable).

DEEL A: VERHOUDINGS: SWART JEENS SWART

2. Etniese groepering

2.1 In die verband dink e[k] aan die uitwerking van etniese groepering aan die kwynende ouerlike gesag en aan die invloed van die ongewenste elemente in die swart gemeenskap.

2.2 … Ondanks al die owerheid se pogings oor die jare heen om die swart volkere die beginsels van die beskawing aan te leer en ondank hul voortdurende kontak met ander rassegroepe, het hierdie stamverskille bly voortbestaan.

3. Ontwakende swart bewuswording

[…]

3.2 Die ondertrouery van groepe maak natuurlik die administrasie nog moeiliker hoewel daar gelukkig nog nie [line through the word nie] by die swart man 'n voorkeur bestaan om 'n vrou van sy eie groep te trou. Dit is egter my ondervinding dat wanneer dit kom by 'n punt waar die man hom moet assosieer by die een of ander groep, hy gaan [line through gaan] sy lojaliteite ingooi by sy eie groep en die van sy vrou negeer. Die kind skyn dan die lojaliteit van sy vader te volg.

3.3 In hierdie swart bewuswording lê m.i. ook die grondslag vir die vlaag intimidasie waaraan die Bantoe blootgestel word: tensy hy hom vereenselwig met die swart mag of saamspeel met die tsotsi-element, sal hy met sy lewe boet of sal sy huis afgebrand word.

[…]

4. Kwynende ouerlike gesag en invloed

4.1 Die kind het nou redelik geletterd geraak en wat deur sy ouers geduld was of goed genoeg was word nou nie meer deur hom geduld nie of is nie meer goed genoeg vir hom nie.

4.2 Daar word al meer gereis na die aangrensende onafhanklike gebiede en hier sien die kinders dat die swart man ook 'n land kan regeer en dat die simbole of dinge wat hiertelande krap en seermaak, daar afwesig is. Die kind vra dan vir homself vrae waarom daar hiertelande die beperkings moet ween en aanvaar hy nie die verduidelikings van die ouer nie.

4.3 Trouens hy begin die ouer te minag omdat hy die "system" geduld het.

4.4 Die ouerlike tug het ook allengs begin verdwyn. Albei ouers moet werk vir 'n bestaan en daar is nie toereikende fasiliteite vir vryetydsbesteding nie wat meebring dat hulle op openbare plekke ronddrentel en daar 'n prooi word van verfoeilike propaganda.

5. Kwynende invloed van leiers

5.1 Eintlik bestaan daar min organisasies of geleenthede waarin die swart leier geidentifiseer kan word maar word die sogenaamde leiers slegs gevind onder die geledere van diegene wat deur die owerheid benoem word om op die een of ander inrigting te dien bv. skoolrade … maar sodanige liggame bied hom geen uitvoerende moontlikhede nie en dus kan hy hom nie in die oë van sy kieserskorps bewys nie. Al hierdie sogenaamde leiers kry eerlank etikette dat hulle met die witgesag heul en word hulle genoem "sell-outs," "traitors," "puppets," "informers" ens. Die leiers is baie bewus hiervan en om hul status te herstel speel hulle dan saam met hul kritici.

6. Toenemend tsotsi-elemente

6.1 Die tsotsi- of boewe-element is ongelukkig 'n baie sterk faktor in die samelewing. Daar word deur hulle opgetree sonder aansiens des persoons en beslis sonder inagneming van die etniese verband van die slagoffers. Hierdie element het nou so sterk geword dat hulle waarlik gevrees word deur die gemeenskap wat vredesonthalwe liefs toegee aan hul eise. Ek is bevrees dat as gevolg van die owerheid se oënskynlike onvermoë om hierdie boewe aan bande te lê, het die swart bevolking hul respek vir die owerheid geleidelik verloor. Ek is die mening toegedaan dat nadat die onluste aangewakker is deur die skoliere, het die "tsotsis" oorgeneem.

6.2 Nou na die onluste merk ek 'n tendens onder die swart bevolking om oor etniese groepering heen te organiseer en homself te beskerm en so ontstaan daar byna spontaan eie organisasies soos die "Black Parents' Association". Ek glo dat die klimaat hiervoor baie gunstig is omdat die breë swart massas teleurgesteld is in die owerheid se optrede deur nie die onluste spoedig met geweld te onderdruk nie.

7. Sielkundige uitwerking van swartmag

7.1 Wat my beindruk is die magiese invloed wat slegs die uitspreek van die woord "black power"—met of sonder gebalde vuis—op die swart gemeenskap het. Ek het gesien hoe 'n groot groep swart pensionarisse wat in goeie gesindheid bymekaar is skielik verontrus word en in wanorde rondhardloop net toe iemand verwys na die "black power."

7.2 Ek het die indruk gekry dat dit dieselfde uitwerking het as enige verwysing na die teenwoordigheid van "tikoloshe" onder 'n groep mense.

8. Beheermaatreëls

8.1 Ek moet verwys na die openbare reaksie op die toepassing van die beheermaatreëls. Ek het al telkens vangwaens gesien met groepe gearresteerdes daarin en dan was die haat wat uit hul gesigte straal vir my so kenmerklik. 'n Mens vind dan dat ander swart omstanders vir hulle toesing—gewoonlik nasionaalgesinde liedere soos "Sikelele Afrika." As 'n mens eenmaal so 'n groep swart mense gesien het met die haat wat hulle in hul saamdra kan jy verstaan waarom hulle so onlogies en vandalisties optree soos hulle wel gedoen het. [I must refer to the public (common) reaction to the implementation of control measures. Every time I have seen police vehicles (Black Marias) filled with groups of arrested people, and then the hate that radiated from their faces was so evident to me. A person finds that other black bystanders sing to them—usually nationalistic songs such as "Sikele Afrika." If one has seen such a group of black people once, with the hate that they carry inside them, you can understand why they behaved so illogically and vandalistic as they indeed did.]

[More here about corruption in police handling of pass offenses, problems with influx control, and freedom of movement.]

11.10 Menswaardige behandeling.

As hierdie onluste vir my een feit onderstreep het dan is dit dat elke menslike wese te all tye menswaardig en billik behandel moet word. [If these riots have underlined a single fact for me, then it is that every human being needs to be treated at all times with decency and justice.]

[Signed: F. B. du Randt, Hoofbantoesakekommissaris]

Source: F. B. du Randt (Department of Bantu Affairs, Witwatersrand), report to the Commission, 23 September 1976, SAB K345, file 3:2/2/1/2-1.