“I Saw a Nightmare…”
Doing Violence to Memory: The Soweto Uprising, June 16, 1976
by Helena Pohlandt-McCormick
<< Go Back

Testimony before the Cillié Commission: Statements by Police, Christiaan Johannes Marais Loubser

Captain, South African Police, Criminal Investigation Department (speurtak), Orlando

SAB K345, volume 86, file 2/2/1/12/12, part 5—
South African Police, Memoranda and Evidence Submitted to Cillié Commission: Soweto

All statements by police were made under oath and signed and witnessed by a commissioner of oaths and usually also by someone from the police.

Op Woensdag 16.6.76. nadat berigte ons bereik het van skoolkinders wat skole beskadig, het ek en adjudant-offisier Matthee vir luitenant-kolonel Kleingeld vergesel na 'n skool in Orlando-wes om vas te stel wat gebeur. luitenant-kolonel Kleingeld was vergesel van sersant Woest en sers. Botha.

Met ons aankoms by die skool het ons gevind dat 'n groot aantal Bantoekinders buite de skool staan. Ons het die onderwysers gespreek, wie ons meegedeel het dat die kinders nie in die skool wou ingaan nie aangesien 'n aantal groter kinders van ander skole daar verbygaan en die skool met klippe gooi. Ek het die prinsipaal versoek om die skool te sluit vir die dag.

Onderweg na die skool was ons gevolg deur 'n groep lede van die Mag in opruktrokke en 'n patrolliewa.

Terwyl by hierdie skool, het sersant Hattingh ons per radio verwittig van 'n groot samedromming van skoolkinders by 'n ander skool in Orlando-Wes. Kort hierna het hy ons meegedeel dat sy voertuig met klippe gegooi word en om hulp gevra.

Ons het in konvooi na die ander skool gery en sersant Hattingh ongeveer 3 (drie) straatblokke vanaf die skool aangetref. Van hier het die groep, onder bevel van luitenant-kolonel Kleingeld, in die rigting van die skool gery.

Ek het 'n samedromming van Bantoe skoolkinders gesien en is van mening dat ongeveer een duisend Bantoes, volwassenes sowel as skoolkinders, daar saamgedrom het.

Voor die groep Bantoes het 'n jong Bantoeman, ongeveer 20 jaar oud, gedans met 'n driekwart baksteen in die een hand en 'n kierie in die ander hand. Hy het tekens gegee aan die groep wat vir my aandui het dat hy die Bantoes aanspoor om in ons rigting te beweeg.

Hy het geskree en baie ander het saam gepraat en geskreeu, maar omdat ek nie Bantoetale magtig is nie, kon ek nie verstaan wat gesê word nie.

Die groep Bantoes het tot ongeveer 100 meter vanaf ons gevorder en klippe na ons begin gooi.

Op bevel van luitenant-kolonel Kleingeld is traangas in die rigting an die Bantoes gegooi. Die traangas was ondoeltreffend en het nie die gewenste uitwerking gehad nie.

Van die klippe hat van ons voertuie begin tref en die hele groep Bantoes het vinning en vasberade vorentoe na ons beweeg.

Klippe het om ons gereën. Een klip het my teen my linkerbeen getref. Binne sekondes was die voertuie erg beskadig.

luitenant-kolonel Kleingeld het verskeie kere 'n waarskuwing aan die Bantoes geskree, maar die geraas was so erg dat dit te betwyfel is of hy hoorbaar was.

Toe die groep Bantoes ongeveer 50 meter van ons was, het luitenant-kolonel Kleingeld twee of drie waarskuwingsskote in die lug geskiet met 'n pistool. Die waarskuwingsskote het geen merkbare uitwerking gehad nie, en die groep het meer agressief en opstanding nader beweeg.

luitenant-kolonel Kleingeld het weer gevuur en van die ander lede het ook gevuur. Die lede was toegerus met .32 outomatiese pistole asook .38 rewolwers.

Ek het opdrag gegee om vorentoe te beweeg en die groep Bantoes het teruggehardloop. Ek het toe gemerk dat die Bantoe wie ek vroeër gesien het, wie die groep aanvoer, op die grond lê met 'n wond, vermoedelik 'n koeëlwond in sy voorkop.

Onmiddellik het die groep Bantoes weer vinning aangeval met klippe. Ek wou die Bantoe, wat vermoedelik dood was, saam neem na die voertuie, maar weens die aanval van die Bantoes was ons lewens in gevaar en moes ons vinnig terugval na die voertuie.

Op hierdie stadium is ons omsingel en het klippe van alle rigtings op die voertuie neergereën. luitenant-kolonel Kleingeld het toe met die Sten-Geweer verskeie sarsies skote in verskillende rigtings gevuur. Die Bantoes het effens teruggeval en luitenant-kolonel Kleingeld het opdrag gegee dat alle lede in die voertuie moet spring en vinnig padgee uit die gevaar gebied, wat toe ook gedoen is, terwyl ons met klippe bestook is.

Ek het geen skote gevuur nie en ek weet nie hoeveel skote deur ander lede gevuur is nie.

Buite die gevaargebied het luitenant-kolonel Kleingeld en die ander lede stilgehou terwyl ek, sers. Woest en adj-off. Matthee na die Orlando Polisiestasie gegaan het om vuurwapens en versterkings te kry. Met my terugkoms by luitenant-kolonel Kleingeld se eenheid, wie intussen versterkings ontvang het, het die groep teruggeval na 'n gebied by Orlando-brug.

Wat verder in die omgewing van die skool gebeur het, weet ek nie.

[Signed: C. J. M. Loubser, Orlando, 22 June 1976]

Source: Christiaan Johannes Marais Loubser (Captain, South African Police, Orlando), statement, SAB K345, vol. 86, file 2/2/1/12/12, part 5.