“I Saw a Nightmare…”
Doing Violence to Memory: The Soweto Uprising, June 16, 1976
by Helena Pohlandt-McCormick
<< Go Back

Testimony before the Cillié Commission: Statements by Police, Marthinus Johannes Hattingh

Sergeant, South African Police, Soweto

SAB K345, volume 85, file 2/2/1/12/12, part 4—
South African Police, Memoranda and Evidence Submitted to Cillié Commission: Soweto

All statements by police were made under oath and signed and witnessed by a commissioner of oaths and usually also by someone from the police.

Op 16.06.76 om 06h45 het ek aan diens rapporteer. Om ongeveer 07h30 is ek na Jabulani om al die polisiehonde te gaan haal. Die eenheid se lede was almal te Jabulani saamgetrek.

[…]

Ons groep is vanaf Orlando na die Orlando Spoorwegbrug… Ek het gesien 'n samedromming van skoolkinders by die Xhosa-Oos Skoolraad kompleks asook skoolkinders saamgetrek in die skoolgronde van die Orlando-Wes Hoerskool, tussen die woonhuise en op die klip koppie ten weste van laasgenoemde skool.

Terwyl ons daar gestaan het het ek waargeneem dat die kinders die skoolgronde verlaat en tussen die woonhuise stelling inneem. Ek het die kinders hoor skreeu, maar kon nie hoor wat nie. Ons het toe in 'n vloot beweeg die drie voertuie langs Khumalo straat wat naby PHEFENI Spoorwegstasie. Ek het in Khumalostraat stilgehou twee strate bokant die Xhosa-Oos skoolraad. Die doel was om verdere waarneming te doen. Hier het ons 'n tydperk van (30) dertig minute gestaan. Die skare het toe tussen die woonhuise rondgemaal. Die kinders het toe beweeg terug na die skoolgronde van die Orlando-Wes Ho‘rskool. 'n Sekere deel van die skare het nog gemaal tussen die huise. Ons het opdrag ontvang om op te beweeg na Vilakazistraat sodat die skare weer waargeneem kon word. Ons het stilgehou in Vilakazistraat waar luitenant-kolonel Kleingeld by ons aangesluit het en bevel geneem het van die groep.

Op die stadium het 'n groot skare saamgepak en het bestaan uit skoolkinders sowel as volwassenes. Die skare het stadig in ons rigting beweeg. Dit is vanaf suid na noord in Vilakazistraat, Orlando-Wes. My voertuig was voor en die ander agtermekaar. Soos in 'n vloot. Opdrag was ontvang van die bevelvoerder dat al die honde uit die voertuie gehaal word. Die bevelvoerder, luitenant-kolonel Kleingeld het heelvoor stelling ingeneem. Die skare het geskreeu en plakate gehad en sekeres het rondgespring en gedans. Al die tyd besig om nader te beweeg. Vaanaf hierdie distansie het die skare begin om klippe en bastene na ons te gooi.

n Bantoelid het by luitenant-kolonel Kleingeld gestaan. Ek het gesien dat albei praat met die skare. Daar was so 'n oorverdowende lawaai dat ek nie self kon hoor wat hulle sê nie. Ek het gesien dat albei lede handtekens maak wat ek afgelei het die skare moet terug en uitmekaar. Hier was geen ag op geslaan nie en die skare het nog steeds vorentoe beweeg. Daar was nog steeds klippe na ons geslinger. Die skare was nou naby en ons moes weg koets om nie raakgegooi te word nie.

Ek, lt. Brand, luitenant-kolonel Kleingeld en ander het traanrookgranate tussen die skare gegooi. Dit het geen uitwerking gehad nie. Van die granate was terug na ons gegooi. Die skare het toe nog steeds stadig nader beweeg en aanhoudend klippe na ons geslinger.

Toe die skare ongeveer 30 meter van ons af was het kol. Kleingeld bevel gegee dat ons die skare storm met die honde vooraan. Ons het aangeval en die skare het teruggeval tot op die hoek van Moema en Vilakazistrate. Dit is ongeveer (60) sestig meter. Ons het teruggekeer na die voertuie.

Niemand was toe nog beseer nie. Ook nie van die skare nie. Na verloop van 5 minute ongeveer het die skare weer in ons rigting beweeg. Ons was weer met klippe aangeval. Ons het weer bevel gekry om die skare te storm. Op die stadium het klippe vanaf ons sykante en van voor op ons gereen. Ons moes toe retireer tot by die voertuie asgevolg van hierdie aanval. By die voertuie het klippe die voertuie ook nou beskadig. Die aanval het nou al hewiger geword en dit was duidelik dat die skare gaan ons oorweldig. Ek het gesien dan 'n Ban/sersant teen die kop getref word en geweldig bloei aan die regterkant van sy kop. 'n Klip het my getref teen die regterknie. My been het onder my ingevou en teen die pad neergeval. Ek kon nie op my been staan nie. Met die het ek 'n bevel gehoor "TREK VUURWAPENS EN VUUR." Ek het gesien luitenant-kolonel Kleingeld vuur 'n sarsie na die regterkant van die skare en ander lede het ook gevuur. Ek self het opgestaan, my vuurwapen getrek.

_ Lang skraal Bantoeman met 'n baksteen in sy linkerhand en 'n kierie in sy regterhand het op my afgestorm. Ek het direk op hom gevuur om die aanval af te weer. Ek het gesien hy slaan neer op die teerpad. Ek het toe nog (5) vyf skote afgevuur na die bene van die aanstormende skare. Ek het nie nog persone gesien val nie. Na die sarsie wat ons geskiet het het die skare teruggeval. Ons het bevel gekry om terug te trek na 'n oop kol waar daar nie huise is nie. By my voertuig gekom het ek gevind dat die skakelaar sleutels verwyder was, asook by sakboek en pen.

Aangesien die skare toe heeltemal teruggetrek het, het ek opdrag ontvang dat my voertuig die afdraande moet af hardloop sodat ons uit die omgewing van die skool moet kom. Ek het toe gevind dat patrolliehond CHOREKEE [CHEROKEE?] dood lê in die straat voor huis nr. 7294, Vilakazistraat. Daar het nog rook uit hom getrek en hy was verbrand. Daar was tekens dat hy doodgekap was. Dit is die hond van Bn/konst. MAMIHANO. Die "van" het afgehardloop en ek het links gedraai in MOEMA straat tot voor huis nr. 7334 waar dit tot stilstand gekom het. 'n Skare het toe van alle rigtings op my voertuig toegesak en die voertuig met klippe bestook. Die vensters sowel as die bakwerk was beskadig deur die aanval van klippe. Terwyl ek in die voertuig was het lede van die skare gepoog om my uit die "van" te trek. My pet was gegryp en my rangtekens afgeruk. Iemand het my oor my regterhand met 'n skerp voorwerp geslaan waarna my regtermiddel- en wysvinger snye opgedoen het. Klippe was na my geslinger binne in die voertuig. Daar was gepoog om my vuurwapen af te neem. Ek het oor die radio 'n rapport gegee van my toestand. Ek het toe gemerk dat polisievoertuie vanuit Khumalostraat opdaag waarna die skare my gelos en weggehardloop het. Ek het toe gemerk dat (3) drie Ban/konstabels agter in die vangwa is. Hulle is onbekend aan my. Terwyl ek vir hulle agter oopgemaak het het ek geruik die "van" stink na lampolie "PARAFIN." Hulle het uitmekaar gehardloop en nog nie weer gesien nie.

Ek alleen met die voertuig het teruggekeer na Orlando. Ek het my voertuig met 'n draad gekoppel en aan die brand gestoot.

Op 16.06.76 gedurende die namiddag het ek na my Hoofkantoor teruggekeer aangesien ek aan skok gely het.

Ek het nie mediese behandeling ontvang nie. Geen persone was deur my arresteer nie.

[…]

Op 23.06.76 het ek die lyk van die Bantoeman identifiseer as die persoon na wie ek geskiet het op 16.6.76, by die Staatslykhuis, Johannesburg.

[Signed: J. J. Hattingh, Protea, 25 June 1976]

Source: Marthinus Johannes Hattingh (sergeant, South African Police), statement, SAB K345, vol. 85, file 2/2/1/12/12, part 4.